Suinige Case IH-trekkers hou kosteknyptang in toom
Suinige Case IH-trekkers hou kosteknyptang in toom
Verhoogde koste plaas uiteraard toenemend druk op produsente. Stygende insetkoste is ’n bedreiging vir die volhoubaarheid van kommersiële landboubesighede, want dit noodsaak boere om hoër opbrengste te behaal om dieselfde winsmarge as vorige jare te kan handhaaf.
Case IH in Suid-Afrika neem aansienlike behae in sy pogings om boere by te staan om dié kosteknyptang hok te slaan of ten minste te beperk. ‘n Onlangse onafhanklike brandstofverbruiktoets vir trekkers dien as ‘n goeie voorbeeld hiervan. ‘n Groep produsente in Marquard in die die Vrystaat het besluit om trekkers van vier verskillende, bekende handelsmerke (waaronder ‘n Case IH Magnum 340) teen mekaar te evalueer. ‘n Onafhanklike landboukundige konsultant is genader om die toets te beoordeel en te bekragtig.
Toetsmetode
‘n Sewetand Van Zyl Staalwerke in-lyn ripper is gekies as implement wat deur die onderskeie trekkers getrek moes word. Elke trekker het vir sowat ‘n uur met die implement gewerk, waarna die totale oppervlakte wat bewerk is, bepaal is, asook die brandstof wat verbruik is. Die trekker se brandstofverbruik, landspoed en wielglip is ook na elke ongeveer twee minute genoteer. Die uitslae word hieronder uiteengesit. Geen herhalings is gedoen nie, en enkele aangrensende persele is in een land met ‘n plat landskap bewerk.
Uitslae
TABEL 1: Die uitslae van die onderskeie trekkers se brandstofverbruik.
|
Volgens die trekker se skerm |
|
||||
Trekker |
Drywing |
Brandstof- verbruik |
Spoed |
Wielglip |
Gemete brandstof- verbruik |
Rangorde |
|
kW |
(liter/ha) |
(km/uur) |
(%) |
(liter/ha) |
|
Mededinger A |
272 |
19.78 |
7.78 |
8.45 |
18.83 |
3 |
Case Magnum 340 |
253 |
12.96 |
7.39 |
6.46 |
13.64 |
1 |
Mededinger B |
261 |
11.38 |
7.50 |
2.85 |
17.00 |
2 |
Mededinger C |
272 |
9.32 |
7.60 |
12.19 |
14.75 |
Gediskwalifiseer |
‘n Volledige verslag oor hierdie toets, wat ook die doeltreffendheid van ander implemente gemeet het, is saamgestel deur grondkundige en landboukundige konsultant Martiens du Plessis van Soil & Crop Consult in Lichtenburg.
Die brandstofverbruiktoets wys Case IH Magnum 340 aan as die wenner met verreweg die beste brandstofverbruiksyfers onder die vier verskillende fabrikate.
Die Magnum-reeks sluit die Magnum 280, Magnum 310, Magnum 340, Magnum 380 en Magnum 400-modelle in – met 'n maksimum kraguitset van onderskeidelik 351 (261 kW), 382 (284 kW), 409 (305 kW) en 435 perdekrag (324 kW). Die Magnum 400 is beskikbaar met 'n swaar 21/5 PowerDrive-ratkas. Alle modelle beskik oor 'n 8,7-liter FPT Industrial Cursor 9 ses-silinder turbo-aangedrewe en onderverkoelde enjins.
Die Magnum-enjin se selektiewe katalitiese reduksie-emissietegnologie help om in 'n verskeidenheid swaarladingsituasies beter brandstofverbruik en groter kragopwekking te bied as mededingende enjins. Dit maak ook die enjin skoner, wat olieverversiensings-intervalle verleng (600 uur vir die Case IH teenoor 450 uur vir die meeste mededingende eenhede), wat gevolglik bedryfskoste en die behoefte aan instandhouding verminder.
Innoverende enjins
Case IH en Fiat Powertrain Technologies (FPT) werk reeds sedert 2004 saam aan enjininnovasies wat aan Vlak 4-regulasies vir Case IH-trekkers en stropers voldoen. FPT en Case IH-ingenieurs werk saam om hoë-perdekrag-enjins te ontwerp en te toets vir die mees doeltreffende werkverrigting teen die heel beste brandstofverbruik in alle omstandighede. Voordat hierdie enjins die mark betree, gaan hulle deur etlike duisende ure se streng toetsing.
Volgens Stephan Nel, Case IH Suid-Afrika se besturende direkteur, word Case IH-trekkers ontwerp en gebou met Case IH Efficient Power® om die grootste beskikbare implemente te kan trek, terwyl brandstofkoste terselfde tyd verminder word.
“Boere het al die hulp nodig wat hulle kan kry. Sonder volhoubare boerderye is voedeselsekuriteit slegs wensdenkery. Onlangse stygings in insetkostes wek beslis kommer, en ons by Case IH wil graag alles in ons vermoë doen om boere se las te verlig. Trouens, dis in almal beste belang,” het hy gesê.
Ten spyte van kommer oor voortslepende hoë insetkoste, is Nel wel positief oor die toekoms van landbou weens die verskeie geleenthede wat vir die sektor voorlê.
“Ons is baie opgewonde oor die toekoms van landbou oor die algemeen. Dit het hoofsaaklik te doen met tegnologiese vooruitgang van aspekte soos presisieboerdery. Landbou is ongetwyfeld een van die sektore wat die grootste voordeel gaan trek uit tegnologiese ontwikkeling," het hy verduidelik.